Exclusive Cycads is hier om te bly!

Dit het onder ons aandag gekom dat gerugte die rondte doen dat Exclusive Cycads verkoop is en dat die kwekery binne drie jaar sy deure gaan sluit. Ons wil benadruk dat dit slegs ’n gerug is en daar geen waarheid in steek nie.

Die eiendomsperseel waarop die kwekery geleë is, is egter wel verkoop ná jare se onderhandelings en ontwikkelingsbeplanning. Exlusive Cycads sal binne drie jaar verskuif na ’n nuwe perseel waarvan die ligging mettertyd bekendgemaak sal word.

Op ’n ander noot: Ons herinner u dat die Exclusive Cycads-tuinplante voortspruit uit die “moedervoorraad” en van groot genetiese waarde is. Ons het besluit om hierdie plante afsonderlik te adverteer en verkoop as deel van die kwekery se voorraadaanbod. Dit sal geadverteer word sodra die permitte daarvoor in plek is.

Dankie vir u volgehoue en lojale ondersteuning as lid van die Exclusive Cycads-familie. Ons is hier om te bly en sal aanhou om u te voorsien van hoëgehalte broodbome, produkte en dienste teen onverbeterlike pryse.

Skakel of besoek ons gerus vir al u broodboom-behoeftes.

Matian Barnard


© 2024 Exclusive Cycads. All Rights Reserved. All Rights Reserved. Another project by Blaze Innovative Brand Management.